Biografie

Ursula Viviers se liefde vir musiek kom al van kleins af. Die 21 jarige meisie van Ellisras het haar eerste liedjie geskryf toe sy net 15 jaar oud was. Op 16 het sy deel geneem aan Idols en deur gedring tot die top 80.En vandag het sy ‘n plate kontrak by Die David Gresham Platemaatskappy. Ursula het ‘n sang kompetisie gewen in 2007, waar die plate maatskappy se Afrikaanse A&R ‘n beoordelaar was. Nie net het sy ‘n ongelooflike stem nie, maar sy skryf ook haar eie liedjies, Dus het ons besluit om haar as kunstenaar te teken. Haar passie vir musiek is ook duidelik, aangesien sy elke week van Ellisras na Johannesburg gery het vir sang klasse. Ursula is al ‘n geruime tyd in die musiek bedryf, en het al voorskoue vir van Suid Afrika se top kunstenaars gedoen o.a.: Pieter Smith, Karen Ferreira, Robbie Wessels, Shine 4 en Lianie May ens. Sy tree ook gereeld op by Korporatiewe funksies vir ESKOM. ‘n Groot hoogtepunt vir haar was, toe sy by SuperSport Park voor 15 000 mense die volkslied gesing het. Ursula was te sien op MK live, Glitteratti, en KTV haar musiek video wys gereeld op Hoordosis op MK Ursula was in verkeie media publikasies soos Vrouekeur, Volksblad, Sondag Kookblad, Beeld Jip, Klets, ens. Radio Onderhoude: IFM, Radio Pretoria, RSG, Overvaal Stereo, Thaba Stereo, Radio Bosveld, Radio Kragbron, Eastrand Stereo, Talk 702, ens. Ursula word gereeld gesien by verskeie feeste en venues soos: • Druiwefees • Thabazimbi Wildsfees • Thabazimbi Landbou Skou • Bosveldfees • Vaalwater Fees • Polokwane Skou • Oppi-Plaas Fees • Jakaranda Kunstefees • Houstok KKNK: • Burger • RSG • Kuiertuin • Gabby`s • Lemon&Lime • Huisgenoot • Klip Inni Bos • T-Show (Pretoria Skou) • Deuri Mikke Karnival (Jakaranda- Supersportpark) Aardklop: • Bourbons • EMI Makietie Show – Kolenade • Le Cafe Des Sports Bar • Firkins Centurion • Eastrand Traders • Montana Traders • Champions Sports bar • Morgans • O`Hagens • News Café Wonderboom Junction • Ilala Palm • Elephant & friends • Ens